Na aanleidng van nuusberigte wat die rondte doen dat die BBF betrokke is by onwettighede die volgende.
Ons het met misnoe verneem van verskeie radiostasies en
media berigte in die Nasionale koerante dat die BBF betrokke was en of
is met onwettige opleiding en verbandhoudende aanvalle op Afrikaanse
kerke spesifiek in die Naboom en Potgietersrus distrik.Die BBF is n geregistreerde opleidings instansie wat spesifiek Blanke mans oplei om plaasbeveiliging te doen. Opleiding geskied onder streng goedgekeurde en opgeleide instrukteurs en is gemik om ons jongmense van werk te voorsien.
Persone wat opgelei word, word gekeur sodat daar seker gemaak word dat persone nie dwelms en of drank misbruik nie. En daar word seker gemaak oor krimenele rekord, Sulke persone word afgekeer, as daar enige krimenele oortredinge is. Daar word ook seker gemaak dat persone a polities is en aan geen kultes en of ekstreme groepe behoort nie. Die genoemde drie persone was onderwerp aan die keurings proses en het nie geslaag nie. Hulle is dus weggewys waarna hulle n wraak aanval beplan het op die opleidingskamp. Personeel van die kamp het hulle gearresteer en het die SAPD geskakel om hulle te kom verwyder. Die voertuig waarmee die persone daar aangekom het is ook deur die SAPD verwyder op versoek van die personeel. Na ondersoek op die voertuig deur die SAPD het hulle op die sg. dokumente en sg. wapens afgekom.
Die BBF distansieer hulself in totaliteit van valse berigte van aanvalle en onwettighede. Ons stel dit duidelik dat hierdie drie persone op hulle eie missie was en dat dit wat hulle wou doen nie die BBF se doelwitte nastreef nie.
Heinrich Muller.
2011/11/26
10H00
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Okkulte-groep-wou-glo-kerke-opblaas-20111126
Okkulte groep wou glo kerke opblaas
2011-11-26 07:21
Marietie Louw-Carstens
Polokwane – Die beweerde regse groep waarvan drie lede gister in Limpopo in hegtenis geneem is, was glo van plan om die NG en Hervormde kerke in Mookgophong (Naboomspruit) en Mokopane (Potgietersrus) op Sondae op te blaas – terwyl eredienste daar aan die gang was.
Só het een van die aangekeerdes, ’n 30-jarige man, glo aan die polisie gesê. Dit is nie bekend vir wanneer die aanvalle beplan is nie.
’n Oud-Koevoetlid is een van die drie mans wat gister by dié opleidingskamp vir veiligheidswagte buite Mookgophong in hegtenis geneem is. Dit nadat hulle in ’n onderlinge twis glo tente van die rekrute aan die brand gesteek het.
Die mans is glo lede van ’n okkulte groep.
Pamflette met pentagramme en die naam “Lucifer” is by die mans gekry. Daar was ook inligting oor satanistiese rituele op die pamflette.
Daar is gister ook op kameras en selfone beslag gelê, waarop foto’s van verskillende kerke in Mokopane en Mookgophong is.
Die polisie het beslag gelê op verskeie tuisgemaakte wapens, waaronder swaarde, knuppels met ysterpunte, valhelms en koeëlvaste baadjies. Daar is ook plofstof, ontstekers en kamoefleerdrag gekry. Daar is by die kamp ook instruksies gekry hoe om bomme te maak.
Brig. Hangwani Mulaudzi, die polisie se kommunikasiehoof in Limpopo wat díé inligting gister bekend gemaak het, sê die ondersoek na regse opleidingskampe is nou landwyd uitgebrei. “Ons vermoed hulle wou verskeie terreurdade pleeg. Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid gaan lede van die groep in ander dele van die land ook ondervra,” het hy gesê.
Hy wou nie uitwei oor waar in die land die mense ondervra sal word nie.
Mulaudzi sê een van die mans het tydens ondervraging gesê hulle glo “slegs wit mense moet in Suid-Afrika bly”.
Een van die doelwitte van die opleidingskamp is ook om beskerming aan wit boere op plase te gee teen moontlike aanvalle.
Die ander twee mans wat aangekeer is, is onderskeidelik 50 en 48 jaar oud. Die 50-jarige is ’n oudlid van Koevoet, die destydse polisie se teeninsurgensie-eenheid.
Die plaas in die Boekenhout-gebied buite Mookgophong behoort aan ’n man van Springs, wat volgens Mulaudzi ook ondervra gaan word. Die opleidingskamp is sowat agt maande gelede begin.
Mans word glo hier opgelei voordat hulle na plase reg oor die land ontplooi word om as veiligheidswagte te werk. Hulle word spesifiek in “plaasbeveiliging” opgelei.
Die mense wat opgelei word, woon in tente en woonwaens terwyl verblyfgeriewe gebou word. Mense van so ver as Springs aan die Oos-Rand en Rustenburg in Noordwes het die kampe bygewoon.
Mulaudzi het gesê die drie mans wat in hegtenis geneem is, is Saterdag by die opleidingskamp “weggejaag”. Dit is nie bekend hoekom nie. Hulle het gister in die vroeë oggendure by die kamp opgedaag. Die mans was glo dronk. Hulle het baklei met die sewe mans wat tans daar bly. In die bakleiery het hulle twee van die tente aan die brand gesteek. Van die mense het die polisie gebel. Niemand is in die brand beseer nie.
Mulaudzi het gesê die ander mense wat by die kamp gekry is, word deur die polisie ondervra. Teen druktyd is niemand van hulle in hegtenis geneem weens enige misdryf nie.
Teen druktyd was dit ook nog nie bekend wat die groep se naam is nie. Daar was verlede week ’n voorstellingsparade by die sentrum.
Die drie mans is in polisie-aanhouding. Hulle sal Maandag in die landdroshof in Mookgophong op voorlopige aanklagte van brandstigting en die besit van gevaarlike wapens verskyn. Die polisie verwag om nog mense in hegtenis te neem.
26 Nov 2011, 14:28 #8
Re: Al weer kamma regses wat gevang word !!!!!!!!!!
Goeiemiddag Almal,
Ja, ongelukkig is die skade klaar berokken en BBF se naam sal daaronder lei - eintlik n jammerte - maar die heel week is sekeres van ons besig om die BBF te waarsku teen hulle ongure karakters wat vernaam in hulle sogenaamde jeugbende (Leeuwag) en die ander Rambos (Panzer Protection) organisasies is.
Vir langer as n week - is sekere mense al besig om n plaasaanval op Vryheids Rebel se gesin te beplan - afkomstig vanaf Leeuwag en Panzer Protection - n kommisie van ondersoek word aangestel - dieselfde man "Jaco" wat betrokke is by die beplanning van die plaasaanval op Vryheids Rebel se familie lede word op die kommisie aangestel om die ondersoek te doen - baie belaglik - natuurlik sal die man van geen sout of water weet nie - hy moet hom nou self verontskuldig.
Dit is n kwessie van tyd - laas Sondag was dit in die koerant - n week later is hul weer in die koerant - klink my nie baie slim nie.
Media verklarings kan maar uitgereik word - die feit bly staan - hulle is deel van BBF - en dit is n jammerte dat n organisasie wat soveel potensiaal het - nou n pad volg om hulself met Grootbek Grensvegters op te hou - kom weereens daarop neer - Manne wat hulself range ople wat hy nooit in n weermag voor gedien het - is maar groot monde en doen goed wat ander in die verleentheid stel.
Danie Binneman en Heinrich Muller - probeer hard - maar die regte pad om te loop is om van Leeuwag en Panzer Protection onmiddelik ontslae te raak en almal wat iets met hul te doen het. Glo nie een van julle 2 manne wil alles verloor waarvoor jul jul hele lewe voor gewerk het - hou leeuwag en Panzer - en jul is op dieselfde pad as die 3 manne - is julle in gevaar - die polisie noem dat ander lede ook ge-ondervra sal word regoor die land?
Miskien kan die manne dan sommer die beplande plaasaanval op Vryheids Rebel en sy gesin ook sommer bloot le - hierdie Leeuwag is nie die naam Boer werd nie en Panzer Protection is n klomp cowboys wat dink hulle het die hele Angola Bosoorlog by hulself gewen.
Hierdie is my persoonlike gevoel en sieninge en die feite wat ek in hand het.
Boeregroete,
MERC.
Re: Al weer kamma regses wat gevang word !!!!!!!!!!
Ek lees al klaar weer daar is n probleem met die R50 maandelikse fooi om deel te wees van die BBF. Die BBF word as n nie-winsgewende besigheid bedryf wat as n Vrye Asosiasie geregistreer is. Vir die wat nie weet hoe n besigheid werk nie moet asb nie jou onkunde ontbloot nie.
Die BBF het n kantoor,kantoor meubels, telefone, fax masjien,internet, n voltydse dame wat die admin hanteer ens. Dit kos geld om dit te bedryf en die kantoor te laat funksioneer. As jy n probleem het met die R50 per gesin per maand,waarvoor die bydrae gebruik word om die kantoor uitgawes te dek, kom asb te vore met n beter plan. Om plaaslik of oorsee te sit en op die kantlyn gal te braak help die saak geensins nie. Om n Boer te gaan besoek op sy plaas voor die wagte daar geplaas word,word brandstof gebruik om daar te kom, slytasie op die voertuig en tyd af by die werk.
In die vervolg as jy wil kritiseer,dink eers voor jy klippe gooi en maak somme( as jy kan tel) en kyk of jy dit sal doen en die meeste koste uit jou eie sak sal finansier. R50 is NIKS in vergelyking met die werklike uitgawes nie.
Wie dink jy dra en finansier die werwing en opleiding van die veiligheidswag? Wat dink jy kos dit om 1 persoon vir n maand lank te voer,3 etes per dag en onderhou en hom op te lei. Waar dink jy kom die instrukteurs van daan en wie betaal hulle? Wat dink jy het dit gekos om die opleidings terrein in te rig met badkamers,toilette,kombuis en slaap geriewe? 2 Voltydse dames wat 3 etes per dag vir die studente voorberei? . Het jy n idee wat kos n univorm? En dan kerm jy oor R50? Daar waar jy in jou gemaksone sit en baie geld maak,en kritiseer wat mense doen,kyk eers na jou self voor jy kritiek lewer.
Mens kan sien jy het GEEN idee wat ons doen nie.
LAAT EK LIEWER OPHOU EN AANGAAN MET MY WERK.
No comments:
Post a Comment