Popular Posts

Arrestasies

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Regse-boervrou-vas-oor-plofstof-20120530



Regse boervrou vas oor plofstof

2012-05-30 23:15


’n Swanger boer van Carolina wat na bewering een van die leiers van ’n boeremag in die omgewing is, is eergister tydens ’n klopjag op haar plaas gearresteer.

Die polisie vermoed ook dat Cornelia de Wet haar plaas beskikbaar stel vir die opleiding van jong kinders in “rassisme en haatspraak”, blyk uit ’n eedsverklaring van die polisie wat Beeld onder oë gehad het.

De Wet woon saam met haar ouers op die plaas Kwaggafontein tussen Belfast en Carolina.

Sy is op klagte van die onwettige besit van ammunisie en plofstof gearresteer. In die verklaring sê die polisie hulle ondersoek nou al ’n geruime tyd bewerings wat met terrorisme en hoogverraad verband hou.

Tydens die klopjag op De Wet se plaas het die polisie op ’n hoeveelheid R1-, .22- en haelgeweerpatrone, glo van Portugese oorsprong, beslag gelê. Hulle het ook slagdoppies en Cortex-knaldraad gekry.

De Wet het gister vlugtig in die hof in Carolina verskyn.

Omdat sy swanger is, is sy na die gevangenisdiens in Middelburg oorgeplaas waar sy in die hospitaal aangehou word. Sy moet Woensdag weer in die hof verskyn.

No comments:

Post a Comment